Die venootskap is begin om die sport weer te geniet en as vriende saam die sport te geniet.
Kostes word ook baie gesny aangesien elke vennoot verantwoordelik is vir sekere uitgawes, asook sekere pligte.
PEET
Verskeie male THU/GPU Kampioen.
Peet hanteer die span se oefening om die hok, voeding en water ( medikasie) , en sorg dat Egbert so min moontlik in die water gooi.....lol
Hy hou dan ook 'n "spreadsheet" aan wat die kies van ons spanne vergemaklik.
Peet is dan ook in beheer van die mandjie van die duiwe asook om Maandae en Vrydae op trok te laai.
EGBERT
GPU, OERF en GRPA Kampioen.
Egbert hanteer die teling, single - ups / oefening. Help met kies van spanne en besluite oor medikasie.
JOHN
Die gom wat als vashou en die potte stir.....
John het die hokke gebou, en help met die mandjie van die duiwe by die Klub en duiwe Maandae en Vrydae op trok te laai.
John is ook ons motiveerder en hy glo vas dat ons ELKE WEEK gaan wen.
Dankie Peet en John vir die vooreg om as vriende saam te vlieg.
|