Geluk aan Gerhard Steenkamp. Wen Lainsburg 1, en Lainsburg 2 met Tom Lock x Jansen/Ameel Putterie. Die Tom Lock is op ons webtuiste aangekoop.

Hallo Eg

Aangeheg is foto en pedigree van Tom Lock gekoop van Willie Steenkamp via jou site.

Ek het hom opgepaar met my nommer een hen se dogter (Jansen/Ameel * Puttrie). Twee kinders geteel - op Laingsburg 1 wen die hen kind klub, fed, com en unie. Laingsburg 2 wen die cock klub, 8 ste fed, 13 de combine en 23 ste unie.

Ek moet bysê dat die ma van hierdie 2 duiwe het vir my presteer van 182 tot 930 km wedvlugte, enige spoed. Gelukkig het sy haar vlerk beseer en in die broeihok beland.

 

Groete

Gerhard

Source: www.outofafricalofts.co.za