Baie geluk aan ons goeie vriende, Hans en Tulie De Noon. Hulle het 'n fantastiese seisoen gehad en is gekroon as Kempton Park se Algehele Klub Kampioene. Hulle het 'n magdom titels verower. Hans skryf hul sukses toe aan goeie duiwe en harde werk.

Die prys uitdeling was gehou te Summer Place, en voorwaar 'n spog geleentheid.

Dankie aan die klub lede wat ons altyd met ope arms by hul prys uitdeling verwelkom.

Dit was puik. Goeie sportmangees, goeie geselskap en heerlike kos.

Dit was vir my en Ilze 'n voorreg om die geleentheid by te woon. Weereens baie dankie.

Source: www.outofafricalofts.co.za