Duif op olie boor gekry! Lees die storie.

Goeie Middag Eg

 

Hoop gaan goed daar!

 

Eg hier is n baie interesante ware storie van n duif

 

Ons was gekontak deur Julian Vaaltyn n werker op een van  Mosgas se olie boorde in Mosselbaai ons moet hom whatsup aangesien daar nie opvangs was nie.

 

Een van ons Jbay duiwe 372/11 het op hierdie olie boord gaan sit ongelooflik!!  hierdie boord was ver diep in die see en om na die land te gaan het tussen 25-30 min met n helikopter geneem so het Julian aan ons gese

 

Julian het die duif daar gesien hom gevang en versorg hy was natuurlik uitgeput Julian  se dis ongelooflik want  die winde waai daar tot 60 knope en hul is redelik diep in die see en duiwe sal nie daar kan aanpas in die weers omstandighede nie hulle was self verbaas.

 

Hy het al die nodige reelings getref, moes vorms voltooi n aansoek indien daar is streng prosedure wat gevolg moet word om hierdie duif aan land te kry.

 

Die duif sou vandag per helikopter na landvlieg na George en iemand sal hom by n spesifieke plek gaan haal

 

mens kan dit amper nie glo dat hierdie duif daar beland het en hoe het hy daar gekom??

 

En dan nog n persoon onbekend aan duiwe maar n liefde vir diere het hom geneem versorg en al die moeite gedoen om hom aan land te kry.

 

Hierdie is n ware storie wat regtig aan ons duiwe liefhebbers vertel kan word die deur settings vermoe van hierdie duif en die man wat hom gered het.

 

Hoop hy het n leker dag!

 

Groete

Philip

Jbay

Source: www.outofafricalofts.co.za