Baie geluk aan 'n beginner in die sport, Riaan, met sy 3de Klub, 7de Oos-Seksie en 14de SVPV. Die duifie is vir hom geteel deur KOMMADAGGA HOKKE.

Hi Riaan

 

Lyk my jou duifies vlieg lekker. Baie geluk.

 

Laas naweek die Jaaroud Kampioen en die afgelope naweer, 3de Klub, 7de Oos-Seksie en 14de SVPV. Beide van laasgenoemde ouers het ek aangekoop van Out of Africa Lofts.

Die pa is ZA 2012 GRPA 00703 – Clausing cock, hy het al baie goed vir my geteel.

Die ma is ZA 2012 GPU 12132 – Bak 17 X Marseille x Het Fijn Blauw. Die was die eerste baba uit haar uit.

 

Groete Daar

Gerhard

Source: www.outofafricalofts.co.za