GRAP VIR DIE DAG

 ‘n Makelaar stel sy vrou aan ‘n vriend voor. Die kollega neem hom eenkant en vra:

 ”Moenie my kwalik neem dat ek vra nie, maar waarom het jy met so ‘n lelike vrou getrou?” 

 “Pff”, antwoord die man, “Dis nie belangrik nie. Wat tel is dat sy sewe verbandvrye eiendomme besit, drie fabrieke en ‘n dik beursie.  Dié aartslelike vrou is my kapitaal.” 

 Die volgende dag ontmoet die twee vriende mekaar weer en die makelaar het hierdie keer ‘n beeldskone dame aan sy sy.  Sy vriend neem hom weer eenkant toe en vra:

 ”Wie is hierdie pragtige meisie?” waarop hy antwoord:

 ”Dit is my rente, aan my kapitaal raak ek nie.”

Source: www.outofafricalofts.co.za