ARTIKEL-G. De Lange
Hiermee ‘n paar fotos van die karavaan hok. Weens omstandighede en die moontlikheid van verhuising het ek op die idée gekom om ‘n hok te bou wat kan saamneem sou ek weer moes trek. Die hok is in 5 dele:
-
Broeihok met 7 broeikaste,
-
Afseisoen hok vir stoet henne, 10 sitplekke,
-
Vlieghok met 30 sitplekke,
-
Vlieghok met 20 sitplekke,
-
Gang voor die vlieghokke.
Ventilasie is uitstekend en daar is oorgenoeg openinge, die groot kant vensters kan of toe gehou word of groot oopgemaak word. Op die foto van die karavaan kan jy sien daar is 4 lug openinge, en dan agter is daar 3 met die groot ventilasie gat nog bo op die dak.
Die hok bly kurk droog en het ‘n hout vloer, daar is ook nog ekstra lug gate agter deur die hout vloer. Muise, rotte en ander ongediertes kan nie in die hok inkom nie.
Daar is ‘n landing bord waarop hulle dan invlieg in die gang in en dan deurstap na hulle hokke toe.
Ek dink so ‘n hok is ideal vir die kleiner duiweboer of pensionaris.
|