Borgskappe/Donasies gesoek vir Laerskool Selection Park se Eerste Hokkie Span. Help asseblief MANNE! Hierdie is dogters wat ERNSTIG is oor hul Sport!

Laerskool Selection Park se Dinamiese Eerste Hokkie Span het ons genader om vir hulle te help om fondse in te samel.

Hulle onderneem gedurende Julie 'n hokkie toer na Hoerskool Rob Ferereira in Witrivier.

Elke speler moet haar eie toer gelde betaal.

Hulle benodig hokkie klere en sweet pakke vir die span. Die beraamde koste beloop ongeveer R10 000 vir die 15 spelers.

Enige donasie of borgskap sal hoog op prys gestel word.

Indien 'n individu of Maatskappy 'n item vir die span borg, sal die maatskappy se logo op die geborgde item aangebring word.

U kan ook enige donasies in ons bank rekening inbetaal.

VERWYSING: EERSTE HOKKIE SPAN
 

BANKBESONDERHEDE:
 

E O'Kelly

Standard Bank

Current Acc  : 020 848 595

Branch : 012142

Out of Africa Lofts gaan ook onder OTHER AUCTIONS 'n Tom Lock hen opveil vir die Eerste HokkieSpan se fonds insamelings projek.
Ondersteun dit asseblief. Sy is 'n prag hen.

DOWNLOAD DOCUMENT-BORGSKAP/DONASIE VORM

Source: www.outofafricalofts.co.za