N PAAR DUIWE GESEGDES AANGESTUUT DEUR N VRIEND..............

‘n Ras wat nie streng Inteling kan verdra nie kan nie as ‘n Ras geklassifiseer word nie - Gebroeders Janssen
 

Wat onderskei Master Breeders verder van mekaar? Die Teler wat duiwe teen vergoeding paar - Frans Praeg

 

Die Tjekboek maak nie ‘n Ras nie! - Frans Fouche

 

Lyn-/Intelers doen die donkie werk. Kruistelers jag kitsoplossings na; wat wisselvallige resultate voortbring - Theuns Venter

 

Die Resiesduif is een van (slegs) 12 lewende organismes in die heelal wat streng Inteling (bloedskande) kan verduur. Waarom dan wegskram van Inteling as teelmetode? Is dit omdat nie alle Rasse/Lyne Inteling kan verdra nie, of omdat die geskikte ‘tipe’ ontbreek om streng Inteling toe te pas? Wie wil nie daardie uitstaande Mannetjie/Wyfie in sy broeihok weer kloon (87%) nie? Kortom, die feit dat die Resiesduif streng Inteling kan duld dikteer dat genetiese evolusie nie onbeheersd kan versnel nie. Daarom is die groeiende etiketering van ‘Nuwe (vinniger) Rasse’ wat die ‘Ou (stadiger) Rasse’ vervang ‘n vals professie; ontbloot van tasbare empiriese bewyse - Bertus Praeg (PhD)

Source: www.outofafricalofts.co.za