Dinokeng tans op Ace Pigeon #1 is, duif se naam "JBM's Hi Wing". Albei die ouers is gekoop en geteel deur Out of Africa Loft. Die pa is 'n Ingeteelde R80 000 Tom Lock Cock "Dynamite Don" & die ma 'n Sablon hen "Taylor" . Welgedaan JBM!!

Goeienaand Egbert,

 

Dit is vir my so lekker om met jou mee te deel dat een van my duifies wat in venootskap onder naam Club DNVL meeding by Dinokeng tans op Ace Pigeon #1 is, duif se naam "JBM's Hi Wing". Albei die ouers is gekoop en geteel deur Out of Africa Loft. Die pa is 'n Ingeteelde R80 000 Tom Lock Cock "Dynamite Don" & die ma 'n Sablon hen "Taylor"

 

Die duif wat tans 13de is op Ace Pigeon "JBM's Wasabi" , ook onder Club DNVL venootskap is ook deur myself geteel, en is altwee die oupas en oumas afkomstig vanaf Out of Africa lofts se website.
Sy Oupa aan die pa se kant is "Supreme Hawk", die ouma aan ma se kant is "Golden Blue", die oupa aan die ma se kant is "410 Jnr" en die ouma se ma kant is "Mrs Clause"

 

Die 33ste duif "JBM's Storm" is ook deur my geteel en is altwee die oupas en oumas ook vanaf Out of Africa se website aangekoop, Die pa se pa is "Supreme Hawk", die pa se ma is "Double Egg", die ma se pa is "Boytjie" en ma se ma is ""JBM's Girl", hy is 'n Tom Lock x 810 Sablon.

 

Ek het 6 duiwe in top 65 op Ace Pigeon by Dinokeng, waarvan almal uit Out of Africa bloed kom.

 

Ek heg hierby die huidige Ace Pigeon, 13de & 33ste Ace se ouers se stambome aan vir verwysing. Weereens baie dankie vir jou goeie genetika wat jy vir almal bekombaar maak.

 

Duiwe Groete

JBM Hertzog

Source: www.outofafricalofts.co.za