Baie geluk aan JBM Hertzog met die teel van die BarZAlona Bakkie Wenner by Dinokeng!! Jy is voorwaar die NEW KID on the block ou maat. Die pa is ingeteelde R80 000 en R100 000 Super Locks, Die ma is 810/Golden CARELLY Bak 17 SABLONS van OOALOFTS.Puik JBM!

Goeiemôre Egbert,

Die naweek se BarZAlona vlug by Dinokeng het 'n duif van my die Bakkie gewen vir Andre Mills en 'n 4de plek behaal.

Albei die oupas en oumas van die wenduif het ek deur Out of Africa aangekoop en is die duifie se pa ingeteel na die R100 000 Cock en Super Pair Hen en die Ma 'n ingeteelde Sablon hen.

Ek het ook die jaar die 2de beste algehele duif prestasie behaal in die SVPV met 'n Pied Hen wie se pa die Bloem cock is wat ek by Out of Africa se veiling gekoop het.

Egbert, Ek wil vir jou baie dankie sê dat ek ook in die lekker kan deel om met sulke super genetieka van Out of Africa sulke prestasies te kan behaal. 

 

Groete

JBM Hertzog
Bloemfontein
083 478 2632

 

*aangeheg die wenduif se pedigree, sy oumas en oupas afsonderlik asook die 2de SVPV fed hen se pa Bloem cock se pedigree vir verwysing

Source: www.outofafricalofts.co.za