NASIONALE HOK OOS KAAP - Omsendskrywe : Januarie 2016. Lees gerus binne.

BRIEF Januarie 2016

 

 

 

 

NASIONALE HOK OOS KAAP

Omsendskrywe : Januarie 2016

Graag wil ons u inlig rakende die huidige toestand van sake by die Nasionale Hok te Despatch.

 

Ons het ongeveer 280 duiwe ontvang van verskeie duiwe boere reg oor die land. Daar is nog heelwat beloftes uitstaande en ons behoort binne kort die 400 kerf te steek. Ons ontvang daagliks duiwe wat op die lughawe afgehaal moet word. Baie dankie aan die boere wat reeds duiwe gestuur het.

 

Die duiwe vertoon baie mooi en is van hoogstaande gehalte. Die kompetisie gaan vanjaar baie straf wees.

 

Die duiwe word op ontvangs ingeënt teen paramyxo  en ontvang ook ‘n kanker pilletjie. Die eerste 150 duiwe is reeds buite en vorm al ‘n mooi Pak. Jos Erasmus doen weereens baie goeie werk- die dissipline van die duiwe is uitstekend – as hulle ingeroep wprd gaan hulle amper soos een man die hok binne.

Ons het ‘n tyd gelede ‘n opname gemaak toe was al die duiwe nog in die hok. Ons gaan binnekort weer ‘n opname maak en u in kennis stel van enige duiwe wat verlore geraak het sodat u dit kan vervang.

 

Ons het versoeke van duiwe boere ontvang wat wil weet of ons gaan vere knip en uittrek. Indien dit u goedkeuring sou weg dra gaan ons slegs nommer 10 pen trek. Laat ons asseblief weet indien u nie wil he dat ons u duiwe se vere moet trek nie. Let asseblief daarop dat ons nie die baie jong duiwe se vere gaan trek nie.

 

Ons gaan probeer om u op ‘n gereelde grondslag op hoogte te hou wat by die hok aangaan.

Aangeheg vind asseblief inskrywings vorm en reels vir 2016 vir diegene wat nog nie ingeskryf het nie.

 

Groete

Hok Bestuur

Source: www.outofafricalofts.co.za