Kom ons ondersteun ook die NASIONALE HOK OOS – KAAP / NATIONAL LOFT EASTERN CAPE. Boertjie Nell, Top duiweboer en sy span se hulle gaan die hok 'n sukses van maak. Sien binne vir meer info.

 

NASIONALE HOK OOS – KAAP / NATIONAL LOFT EASTERN CAPE

Voorsitter: Boertjie Nell; Selnr. 083-709-2067.

Koördineerder: Marcelle Els; Selnr. 082-438-3966.

REëLS:

? Duiwe kan ingeskryf word in die Nasionale Hok teen R900 per individuele duif. Indien vyf duiwe ingeskryf word, kan nog twee duiwe ingeskryf word teen ‘n sitplek fooi van R200 per duif. Dit beteken dat indien sewe duiwe ingeskryf word, vir die totale koste van R4900, kos dit R700 per duif.

? Bo en behalwe die individuele kompetisie, kan duiwe ook aan ‘n span kompetisie deelneem. Die nominasie van duiwe vir die span kompetisie moet voor die aanvang van die eerste amptelike oefenvlug gedoen word. Detail betreffende die span kompetisie sal later gekommunikeer word.

? Daar is nie ‘n beperking op die aantal duiwe wat per deelnemer ingeskryf mag word nie.

? ‘n Persoon of persone, of ‘n Klub, kan ‘n sindikaat of vennootskap vorm vir hierdie doeleindes.

? Duiwe kan by die hok ingeskryf word vanaf die

1ste November 2015 tot 28 Februarie 2016.

? Inskrywingsgelde is betaalbaar by aflewering van die duiwe by die hok, of maksimum sewe dae nadat die duiwe by die hok ontvang is. Die bestuur sal die deelnemer onmiddellik in kennis stel van die ontvangs van die duiwe by die hok, waarna betaling per EFT binne sewe dae gedoen moet word. Indien betaling nie binne sewe dae ontvang word nie, sal die duiwe nie in die hok opgeneem word nie, en onmiddellik beskikbaar gestel word vir verkoop aan die publiek.

? Duiwe wat tydens die inbreek proses verlore raak, kan vervang word tot en met die 31ste Maart 2016.

? Die hokbestuur en die hok word gevrywaar teen enige eise in verband met beserings, vrektes en verliese tydens die versorging, oefening en wegvlugdeelname van die duiwe.

? Enige persoon wat die hok besoek, doen dit op eie risiko en sal geen eise vir enige verlies, skade of besering teen die hok of hokbestuur kan instel nie.

? Duiwe wat ingeskryf word, word die eiendom van die Nasionale Hok, en sal deur die Nasionale hok na goeddinke verkoop word.

? Geen inskrywingsfooi sal terugbetaal word en duiwe teruggegee word nie.

? PRYSGELD:

Indien daar op 28 Februarie 2016,

840 betaalde duiwe, in die hok is, sal die prysgeld R200 000 (twee honderd duisend rand) wees.

Indien minder as 840 betaalde duiwe in die hok is op 28 Februarie 2016, sal die prysgeld dienooreenkomstig afwaarts aangepas word.

? Geen duiwe van die hokafrigter of sy onmiddelike familie, sal in die hok toegelaat word nie.

? Die bestuur van die hok sal gereeld nuusbriewe uitstuur van die oefenvlugte en wedvlugte. Volle besonderhede van die tyd geklok, duif nommer en die eienaar se naam sal verskaf word. Uitslae sal beskikbaar wees op http://one-loft-race.net en ook per e-pos versprei word.

? Duiwe in die hok na die hoofwedvlug sal op n veiling verkoop word. Die geld van alle duiwe wat verkoop vir meer as R300 sal verdeel word; 50% na die Nasionale Hok en 50% na die eienaar, na die koste van die veiling afgetrek is. Duiwe wat nie op die veiling verkoop word nie, sal na goeddunke uit die hand verkoop word vir die Nasionale Hok se rekening alleen.

? Die besluit van die Hok komitee / bestuur sal finaal wees en geen afwyking sal toegelaat word nie.

? Die wedvlug program sal bestaan uit 10 opeenvolgende wedvlugte vir alle duiwe in die hok vanaf +/- 200 km tot +/- 630 km. Die wedvlugprogram sal later bekend gemaak word.

&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&

RULES:

? Pigeons may be entered into the National Loft at R900 per individual pigeon. If five pigeons are entered, then two additional pigeons may be entered at a perch fee of R200 per pigeon. That means that if seven pigeons are entered for the total amount of R4900, it only cost R700 per entered pigeon.

? Pigeons can compete in the individual as well as a team competition. The nomination of the pigeons for the team competition has to be done before the first official training flight. Detail regarding the team competition will be communicated later.

? There is no limit on the number of pigeons that might be entered.

? More than one person or club may form partnerships or syndicates.

? Pigeons may be entered into the National Loft from

1ste of November 2015 until 28 February 2016.

? Entry fees are payable on the delivery of the pigeons or maximum seven days after the pigeons have arrived at the loft. The management team will inform the participant of the safe arrival of the pigeons at the loft, where after the pigeons have to be paid by EFT within seven days. If the pigeons are not paid within seven days of arrival at the loft, the pigeons will not be taken into the loft and will immediately be available for selling to the public.

? Pigeons that became lost during the settling period, may be replaced until the 31 of March 2016.

? The National Loft and its management team is being safeguard against any claims regarding injuries, dying or losses during the caretaking, training and racing of the pigeons.

? Any person that visits the loft, do it on their own risk, and would not be able to claim for any losses, damage of injuries against the National Loft and its management team.

? Pigeons entered into the loft, became the property of the National Loft, and will be sold at own discretion.

? No entry fee will be paid back or pigeon given back.

? PRICE MONEY:

If there are 840 paid pigeons in the loft on 28 February 2016, the price money would be R200 000 (two hundred thousand rand).

If there are NOT 840 paid pigeons in the loft on 28 February 2016, the price money will be reduced accordingly.

? No pigeons of the trainer or his family will be allowed in the loft.

? The management team will regularly send out newsletters as well as the performance of the pigeons by e-mail. All results will also being published on the internet at http://one-loft-race.net.

? Pigeons in the loft after the main race will be auctioned. The money of the pigeons sold for more than R300 each will be divided 50% to the National Loft and 50% to the fancier after the cost of the sale is deducted. If not sold on the auction they will be sold out of hand, for the National Loft’s account only.

? At all times a decision taken by the Loft Management Committee shall be final and binding and no variation in any expects shall be permitted.

? The racing program will consist of 10 consecutive races for all pigeons in the loft starting at +/- 200 km and ending at +/- 630 km. The specific racing program will be revealed at a later stage.

&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&

Source: www.outofafricalofts.co.za