PART 2 - En die volgende dag gebeur die volgende.......

My maat kom die volgende dag bietjie vroeer by die huis, en stap stoet hok toe, gee al die duiwe wat oorgebly het kos en water.

Daarna stap hy race hok toe en daar is sy "loftmanager" besig om hokke te krap en skoon te maak.

My maat teel heelwat wat sy wedvlug span vir die volgende seisoen in die wedvlug hok uit sy top wedvlugduiwe en wenners.

My maat sien tot sy skok 'n vol nes pan met eiers op die een rak staan....

Hy vra toe die "loftmanager" wat gaan daar aan?

Sy 'loft manager" se toe ewe ontstoke vir hom..."moenie worry nie baas, ek sal die eiers weer op hul plekke in die verskillende nespanne terug sit"......LOL

Source: www.outofafricalofts.co.za