Baie geluk aan Lucas Oosthuisen. OERF Federasie Langpad Kampioen. Aangeheg Pedigree van 2e Beste Langpad duif in Klub. Pa en ma LOCKS op webwerf aangekoop.

Hi Egbert

My duiwe was so geseend om 1ste te eindig op die Langpad punte in OERF Federasie!! Baie trots op hulle!!

Net 'n vinnige dankie, want die volgende 5 duiwe wat afstam van duiwe wat ek op jou site aangekoop het, het almal tot 'n meerdere/mindere mate daartoe bygedra:

Die volgende is 'n boetie en sussie uit 2 Tom Locks. Die pa van jou en ma van Witpen hokke - beide op jou site aangekoop. Ek moet erken ek het in die begin gesukkel met die Tom Locks, maar hierdie paar het nou vir my bewys.

1. 2014-ZA GPU-13997: - PEDIGREE AANGEHEG

2e hok, 3e klub, 52ste/1346 duiwe Fed Upington 1
1ste hok, 1ste klub, 4e/983 duiwe Fed Upington 2
27ste Beste Langpad duif OERF Fed 2015.
2e Beste Langpad duif OERF klub 2015.
Sussie van 2014-ZA GPU-13869 hieronder.
 

2. 2014-ZA GPU-13869:

3e hok, 3e klub, 30ste/912 duiwe Fed Kakamas 2
Boetie van 2014-ZA GPU-13997 hierbo.

Die volgende 2 is 2 nesmaats: Pa van Willie Steenkamp en ma van Racing Silver Backs - beide op jou site aangekoop:


3. 2014-ZA OERF-03941:

2e hok, 5e klub, 59ste/1202 duiwe Fed Kakemas
Sussie van 2014-ZA OERF-03942 hieronder

4. 2014-ZA OERF-03942:

5e hok, 5e Klub, 34ste/983 duiwe Fed Upington 2
Sussie van 2014-ZA OERF-03941 hierbo.

Die volgende cock is gebroei uit 'n Clausing hen van jou x Staf Van Reet Cock van my Pa:

5. 2014-ZA OERF-03994:

4e hok, 6e klub, 64ste/923 duiwe Fed Upington 3

Sien aangeheg die pedigrees/volledige race results met afstande/wenspoed ens. van genoemde duiwe.

Lekker dag!
 

Source: www.outofafricalofts.co.za