Login:
 
WINBURG YB VPU TRAINING MODE RESULT 2020...
WINBURG 1 OPE 2020 TRAINING MODE...
GARIEP OB 2020...
GARIEP YB 2020...
Glen O/B 2020...
Glen y/b 2020...
TROMPSBURG YB VPU PLAYFAIR CLUB 2019...
SMITHFIELD YB VPU PLAYFAIR CLUB 2019...
Vrystaat Kampioenskap Vlug- Puik poging deur duiwe boere om die sport te bevorder in die Vrystaat. Welgedaan manne.
Vrystaat Kampioenskap Vlug- Puik poging deur duiwe boere om die sport te bevorder in die Vrystaat. Welgedaan manne.

Deur Dawie Human (Genetic Loft)

 

Vrystaat Kampioenskap Vlug

 

Die idee van n wedvlug vir almal in die Vrystaat het eintlik heel terloops ontstaan. My vrou Soretha het n hondjie vir haar suster gaan afgee by die N1 naby die Verkeerdevlei Tolplaza waar sy ‘n duiweboer sien duiwe loslaat. Spontaan soos sy is nader sy die duiweboer en begin gesels en vertel dat haar man ook duiwe het en ons so 15 km daarvan ‘n gemengde boerdery bedryf. Selfoon nommers word uitgeruil en kort voor lank bel die duiweboer Jacques Potgieter van Winburg my. Ek reël n geleentheid vir duiwe wat ek en hy toevallig dieselfde tyd by Out of Africa gekoop het. Met die afhaal van 2 duiwe wat vir my saamgestuur word met die WRRPA vragmotor tydens ‘n loslating op Winburg een Saterdag gedurende Mei, le ek besoek af by Jacques.

Jacques vertel my dat hulle net 3 lede is in Winburg en saam OVRF aan wedvlugte deelneem. Dit laat my terugdink aan die begin tagtigjare as skoolseun, toe ons in Verkeerdevlei ‘n duiweklub gehad het met 8 vliënde lede wat 11 spanne duiwe gevlieg het. Die destydse Bfn Posduif Unie het vervoer verskaf en is daar rybeurte gemaak om die duiwe nadat dit by die klub ingekorf is Bloemfontein toe te neem. Afstand ( 70 km grondpad) was nie ‘n probleem vir duiweliefhebbers nie en petrol en diesel was nog baie meer bekostigbaar. Destyds minder as R1/ liter.

Die vraag het opgekom wat het geword van al die duiweboere, dat waar dertig veertig jaar gelede omtrent elke dorp ‘n duiweklub gehad het ,nou net enkele dorpe ‘n duiweklub het. Ek skakel laat een aand vir Alfonzo le Roux ‘n duiwe vriend van Virginia en sê aan hom ek wil ‘n wedvlug vir Vrystaatse duiweboere aanbied. Wat dink hy daarvan? Hy moedig my aan en ek besluit toe om voort te gaan daarmee.

Die atlas word nader getrek en so word elke dorp in die Vrystaat neergeskryf. Met n program “Fields Area Measurement” waarmee ek lyndrade se afstande asook land en kamp groottes mee bepaal gebruik ek dit toe as meet instrument om vas te stel waarvanaf kan duiwe losgelaat word om elke dorp in die Vrystaat mededingend en so regverdig moontlik ‘n kans te gee om kompeterend mee te ding .

Die Vrystaat lê soos n niertjie om Lesotho en dadelik wys die topografie ‘n Oostelike rigting is nie moontlik nie agv die Drakensberge. Verder lê die Vrystaat se Noordelike en Suidelike grens ongeveer 450 km en Oos na Wes ongeveer 400 km uitmekaar. Dit bring mee dat loslatings in ‘n suidelike of noordelike rigting ten opsigte van alle dorpe in die Vrystaat nie regverdigbaar en kompeterend kan wees nie. (wat vir een dorp in die Suid/Noord-Vrystaat ‘n kort oefenvlug is , is vir ‘n ander dorp in die Noord/Suid Vrystaat ‘n langafstandvlug ) .

Dit bring my tot die besef dat geskikte loslatingspunte gesoek moet word uit ‘n westelike en noord-westelike rigting. Na deeglike ontleding om dit mededingend en mees regverdig aan te bied vir elke dorp in die Vrystaat word toe besluit om ondersoek te gaan instel na geskikte loslatingspunte in die Noord-Wes provinsie. Na ‘n hele naweek se rondry en rondkyk word geskikte loslatingspunte gekry by Vorstershoop, Mc Carthy’s Rest en Bray.

Baie opgewonde word ‘n wedvlug program opgestel vanaf die betrokke plekke vir loslatings gedurende Augustus . Die wedvlug program sou bestaan uit drie bene waartydens ‘n puntewenner bepaal word nadat al drie bene voltooi is en die eerste tien op die punteleer geld sou ontvang as pryse. Borge word gevind vir spotpryse en toe alles in plek is word die verskillende duiwe federasies / unies in die Vrystaat en aangrensende gebiede geskakel. Aanvanklik is die reaksie baie traag maar na vele oproepe en versoeke besluit 29 lede uit die Vrystaat om deel te neem aan die Vrystaat Kampioenskap vlug. Goedgunstiglik plaas Out of Africa lofts van Egbert O’ Kelly, ook vir ons die wedvlug program op sy webtuiste.

‘n Netjiese duiwekas vir n bakkie word gebou wat gemaklik 640 duiwe kan vervoer. Voorsiening word ook gemaak om kos en water te kan gee. ‘n Klub sisteem word ook aangeskaf om duiwe se elektroniese ringe te kontroleer . Deelnemers uit die dorpe/ stede Memel, Vrede, Clocolan, Kroonstad, Welkom, Odendaalsrus, Bothaville, Bloemfontein en Petrusburg skryf toe in en word die eerste loslating van 28 lede se 129 duiwe losgelaat op Vorstershoop 13 Augustus. Die tweede wedvlug 28 lede se 126 duiwe op Mc Carthy’s Rest vind plaas 20 Augustus en die derde vlug 27 lede se 118 duiwe op Bray die 3de September. Die gemiddelde afstand vir die 9 verskillende dorpe is 498 km.

‘n Vrystaat Kampioenskap Whats Up groepie word gestig waaraan almal lekker meedoen. Die eerste duif wat geklok word in die Vrystaatkampioenskap vlug is net na 12 die middag geklok nadat die duiwe om 07h30 losgelaat is by Vorstershoop. Die duif ‘n wyfie ZA 2012 WPUD 08053 van Louw vd Westhuizen van Bothaville word gedoop “Baanbreker”. Duiwe versprei goed en is die 1ste wenner vanaf Vorstershoop Strauss Steenkamp van Petrusburg se duif ZA SVPV 1998 ‘n 2014 Blou Spikkel wyfie met ‘n spoed 1485, 987 m/min. Sy suster Dorlet ook ‘n kranige duiweboer wat vlieg onder die naam Betta Foreve verower die tweede plek .

Elke naweek het 3 spot pryswenners vir die 10de, 20ste en 30ste posisies. Vir die naweek wenners van elke wedvlug is daar ‘n medalje en sertifikaat , ook die 2-5de posisies ontvang sertifikate.

25 Posisies word toegeken en wen Seven Oaks Hokke (Frans Odendaal van Vrede)die 2de wedvlug vanaf Mc Carthy’s Rest met ‘n spoed van 1564 .920 m/min.

Die 3de wedvlug vanaf Bray word gewen deur Faan Meintjies van Welkom se duif ZA 37339 ‘n BlouBand wyfie met ‘n spoed van 1471.359m/min . Sy word met die prestasie nadat sy in elke wedvlug onder die eerste 25 geeindig het, 3de Ace Duif . Oom Faan vlieg al jare lank duiwe en is sy seun Poena ‘n kranige teler van o.a. Janssen duiwe .

Die algehele wenner en naaswenner is vanaf Vrede naamlik HP (Hennie) Oosthuizen en Walt Hokke (Nelis van der Wath) . Hennie het n voorliefde vir duiwe en voëls van kleintyd af. In 2002 begin hy werklik belangstel in vliegduiwe, so kry hy ‘n paar duiwe by vriende en sluit hom in 2004 aan by die Vrede Posduifklub. Jaarliks kruis hy sy bestes met mekaar,tog vorder dinge te stadig na sy sin en op ‘n stadium word hy moedeloos, hou op en gee alles weg. Die liefde vir duiwe laat hom egter vinnig terugkeer tot die sport. Soos hulle se “ een maal n duiweboer, altyd n duiweboer”

Nelis vlieg sedert ‘n jong ouderdom duiwe, eers saam met sy oorlede pa in die Wolmaranstad Posduif Klub. Sy pa was een van 4 broers wat duiwe gevlieg het en ‘n groot passie vir die sport gehad het. In 1990 verhuis sy ouers na Vrede in die Vrystaat waar sy pa Klub Kampioen word. Sedert 1996 vlieg Nelis op sy eie by die Vrede Posduifklub met ‘n ledetal van 12 lede. Vanaf 2002 tot hede was hy alreeds 12 keer Vrede se Klub Kampioen. Duiwe wat vir hom oor die jare goed presteer is hoofsaaklik Janssen kruisings, waaruit hy n familie duiwe opgebou het wat steeds vir hom presteer.

Die Ace duif ‘n 2013 blou gespikkelde wit pen wyfie ZA BPF 2269 is uit Mongrel Lofts van Bloemfontein (Willem Brink, Richard Housego, Coenie Hattingh en Ogies Wessels) en kom uit ‘n ou familie duiwe . Die 2de Ace duif behoort aan Awie Wessels van Kroonstad, ZA NFS 7758 Blou Band 2013 Mannetjie . Geteel uit die Gaby Vandenabeele bloedlyn . Awie is van kindsbeen af betrokke met duiwe. Eers net as duiwe waarnemer en later as versorger vir sy ouer broer Sakkie Wessels van Bothaville. Toe grootboet diensplig moet doen byt die duiwe gogga behoorlik . Awie vestig hom in Kroonstad en begin kompeterend duiwe vlieg met van sy broer se duiwe “Roes vlerke” soos hulle genoem word en is uit die Marais bloedlyn. Verder bekom hy duiwe vanaf Neil Kotze, Danie Hattingh , Simon Hattingh asook vanaf Rassie Erasmus . Frans Nel tree ook op as mentor. Awie sê verder dat mede duiweboere se raad en hulp hom help om suksesvol te wees . Hy is ‘n voorstander van daaglikse padwerk .

Die puntestelsel vir die Vrystaat Kampioenskap Vlug is uniek deurdat dit nie oorheers kan word deur ‘n betrokke deelnemer wat baie duiwe inskryf nie ,en word bereken volgens die enkelpunt stelsel. Ace duiwe word volgens die volpuntstelsel (meeste punte oor drie bene) bepaal en nie deur die gemiddelde spoed nie. Duiwe wat ace duiwe in die Kampioenskap is , is besonderse duiwe wat oor die vermoë beskik om vroegtydig uit te breek na hul spesifieke bestemmings .

Deelnemers kan ‘n maksimum van 7 betaalde duiwe plus 3 gratis duiwe inskryf teen R 500/inskrywing wat jou toelaat om met enige duif ,nie noodwendig dieselfde duif aan al drie wedvlugte deel te neem. Slegs ‘n deelnemer se eerste 3 duiwe verdien punte vir hom as deelnemer. Nogtans kan al 7 duiwe Ace punte verdien mits hulle ‘n posisie vlieg (1-25). Die maksimum duiwe wat dan toegelaat word per deelnemer is maw tien(10) duiwe . Wat die punte sisteem meer uniek maak is wat ek sommer die “plus stelsel” noem. Vir elke duif kan een gratis duif by gemandjie word. Dit gee aan elke deelnemer ‘n beter kans . Egter net die hoeveelheid duiwe waarvoor betaal is word ingelees.

Bv. Deelnemer A skryf 2 duiwe in . Hy/Sy kan dan nog twee duiwe gratis by mandjie. Al het die 4 duiwe die beste spoed word net die beste twee ingelees (waarvoor betaal is).

Deelnemer B skryf 5 duiwe in en mandjie nog drie(3)gratis duiwe by, slegs die 1ste drie duiwe verdien punte vir hom/haar as lid. Alhoewel die eerste 5 duiwe ingelees word verdien ‘n duif slegs ace punte sou hulle ‘n plek kry onder die eerste 25 plekke wat toegeken word .(Hy/sy het vir 5 betaal)

Die Vrystaat Kampioenskap wedvlugte het heelwat voordele vir deelnemers deurdat ‘n deelnemer by sy eie hok sy duiwe kan inwag. Duiwe wat deelneem bly die eiendom van die deelnemer . Dit laat hom/haar toe om elke naweek vorm duiwe te mandjie. Hy/Sy kan ook enige ouderdom duif mandjie. Hy/Sy kan dieselfde duif ook op enige stadium inskryf vir klubwedvlugte . ‘n Deelnemer hoef nie verbind te wees aan ‘n klub nie maar moet wel lid wees van Sanpo . ’n Elektroniese klok is egter ‘n vereiste om te kan deelneem. Duiweboere wat nie vir ‘n lang uitgerekte seisoen kans sien nie kan mededigend deelneem oor ‘n korter periode wat sy uitgawes beperk. Met die wete dat moontlike prysgeld gewen kan word kan sodanige prysgeld aangewend word vir duiwekos,medisyne en brandstof. Korter vliegtyd en minder duiwe maak dit vir beginners, pensioenarisse en persone met ‘n finansiele agterstand meer toeganklik in die sport.

Die afsluitingsfunksie is reeds beplan en word op 22 Oktober 2016 gehou by Bosch Rand Lodge naby Winburg waar ongeveer 40 mense die dag saam gaan geniet . Vooraf gaan ‘n klompie skenkings jong duiwe van persone wat deelgeneem het vanjaar opgeveil word en die opbrengs daarvan aangewend word vir prysgelde as beste Rooi ,Grizzle en Wit/Swart duif die spesifieke wedvlug naweek in 2017 . ‘n Paar stoet duiwe gaan ook onder die hamer kom waarvan 20% van die opbrengs goedgunstelik geskenk word vir prysgeld aanwending in 2017 .

Om al die reelings in plek te kon kry het jy ander se ondersteuning ook nodig. ‘n Baie groot dank aan o.a. die Vrystaatse Rugby Unie vir die getekende Cheetah trui wat deur Daan Human gerëel is , Hennie Kriel van Bioworks & Cape Neutraceticals vir 2 Spotpryse geskenk , dr Piet van Zyl van Heilbron vir ‘n medisyne hamper , Egbert O’Kelly van Out of Africa Lofts vir drie stoet duiwe , Billy Kitchenbrand van Kitchenbrand Lofts vir die Punte Wenner wissel Trofee . Ook ‘n groot dank aan oom Ben van Wyk van Bayagro(ons vlieg as B&D Vennote by die Sentrale Provinsiale Hok in Bfn die afgelope vier jaar) vir die gebruik van sy stoor om duiwe te mandjie en te kontroleer. Coenraad Booyens (Ons vlieg in vennootskap onder die naam Genetic Lofts in die BFPK ‘n klub in Bloemfontein Posduif Federasie sedert 2014) met die mandjie van duiwe asook die ontvang van mandjies vroeg soggens. Ons het dan ook die loslatings by Vorstershoop en Mc Carthy’s Rest saam behartig . Gert Nienaber(Boertjie) vir die hulp om die uitslae so spoedig moontlik te kon verwerk .

Laastens maar seersekerlik nie die minste aan ons Hemelse Vader vir die voorreg om betrokke te kan wees in so ‘n wonderlike sport .

Vir enige navrae rondom die Vrystaat Kampioenskap Vlug is u welkom om my te epos na horizonprod@mweb.co.za of te skakel by 082 413 6135

SHARE TOOLS
News ArticleView Article
ZA CYRILS 5164/23- 1st Final Sapir Summer race 2023 -Bred by Ou Skuur Hokke.. Sire is linebred GUNNER/CHEEKY/VRC and dam is T LOCKS - SEE ATTACHED PEDIGREE View
ZA PWF 15180/22 - "BIANCA" - 1st Ace Dinokeng, 5th on the drop Barzalona Car Race 2023 Bred and entered by D Trosky. This hen and the Dinokeng Winner have THREE DIFFERENT Grand parents in common. 15026, 06050 and 78094  View
ZA TRPF 6843/22 - 5th Sapir Final Race Colesberg, 575km, vel 1137 - 2023 Season.  Bred and entered by Welgedaan Lofts. Bred of Monster/Carelly/810/LOCK ACES View
ZA VPU 9404/22 16th Final Cradock, Pienaarsrivier, 820km, vel 1347 35th Karoo Million BARZALONA, 820km, vel 1341 ???????Bred and entered by OOA & RVV. Exact same breeding as 1st Dinokeng 2023 and 1st Carnival 2018!! View
ZA VPU 9608/22- 10th Despatch Eastern Cape One Loft Final 607km, vel 1158 Bred and entered by OOA LOFTS & RVV. 810x 8855x GOLDEN CARELLY X LOCK X 917 CLAUSING View
ZA VPU 9470/22 - Equal first -walked through the trap 12 seconds after the winner.   20 pigeons on the drop - 9th CPL Bloem Final, Prince Albert Road, 596km, vel, 1218 Bred by OOA Lofts, entered by BlockStock Lofts. LOCK X CARELLY X 810 X 371X VRC View
Congratulations to F Beyers!! 1st Winners Flight 601km, vel 1139-BERG 149/22. Best of B Nel Gaby lines, B Einkamerer and OOA LOFTS'S GOLDEN CARELLY X 8855 LINES IN ONE! View
1ST SAPIR FINAL RACE WINNER of R750 000 By 11 minutes 45 seconds, Colesberg, 575km, vel 1166!!!!! -ZA VPU 9791/22- SAPIR ENTRANT 2023- OOA X RVV. The sire is a son to 810 x 8855. the dam is linebred GOLDEN CARELLY and 08816, his click hen! View
ZA VPU 9428/22 " KALAHARI SANDS" Dinokeng Entrant 2023 1st Dinokeng Final Race Winner of R120 000, Hanover, 724km, vel 1502. 3 Birds on the drop. 2nd Ace Dinokeng 2023 - Winner of R80 000. Close niece to 1st Ace Dinokeng bred by D Trosky. View
The past week our  MONSTER COCK X CARELLY and 810 X VRC ACE LINES ACE LINES produced many ONE LOFT PERFORMERS in 4 DIFFERENT ONE LOFTS for us and clients:- SEE INSIDE View
12345678910...
 
 
 
 
Home  |  
Contact  |  
Browser  |  
Disclaimer  |  
CMS  
© 2024 Out of Africa Lofts